万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Middaguurgesprek deur prof Mark Sanders
Begin: 07/08/2025, 13:10
Einde: 07/08/2025, 14:00
Kontak:Willemien Engelbrecht -
Plek: Lettere 693 / Arts 693

?Mark Sanders is professor in vergelykende letterkunde en Engels by die Universiteit van New York en buitengewone hoogleraar by die Departement Afrikaans en Nederlands.
Hy praat met prof Andries Visagie oor sy jongste boek oor die verhouding tussen die rekenarisering, arbeid en die kunste in Suid-Afrika.

In A will for the machine belig Mark Sanders Suid-Afrika se toetrede tot die rekenaarera in die 1960's en 70's en verduidelik hy hoe dit met die hoogtepunt van apartheid saamgeval het. Die Suid-Afrikaanse regering het outomatisering en rekenarisering as ’n manier gesien om swart Suid-Afrikaners weg te hou van geskoolde arbeid en daardie beroepe vir wittes te reserveer. Sanders sit hierdie stuk geskiedenis uiteen, bring dit in verband met die stryd wat in die vroe? twintigste eeu om meganisering in die mynwese (asook telefonie) in Suid-Afrika gewoed het en ontleed die reaksie daarop deur, onder andere, skrywers soos Miriam Tlali (1933–2017), J. M. Coetzee (geb. 1940) en Willem Anker (geb. 1979), die kunstenaar William Kentridge (geb. 1955), en die Handspring Puppet Company. Deur aan te toon hoe die kunste idees rondom die etiek en politiek van outomatisering problematiseer, dra Sanders by tot die debat oor gelokaliseerde dog uiteenlopende begrippe van rekenaartegnologie en mens-rekenaar-interaksie.

Die gesprek vind grotendeels in Engels plaas.