万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Nuwe kuilvissie-spesie in Kenia reeds kritiek bedreig
Outeur: Wiida Fourie-Basson (Media: Faculty of Science)
Gepubliseer: 13/03/2025

?'n Kritiek bedreigde nuwe kuilvissie-spesie wat in 2017 en 2018 in 'n antieke woud in Kenia gevind is, is nou in die vaktydskrif Zootaxa beskryf.

Nothobranchius sylvaticus, die Latynse naam wat beteken : “te make met die woud,"  is ook die eerste bekende kuilvissie, endemies tot 'n woud.

Prof. Dirk Bellstedt, emeritus professor in biochemie aan die Universiteit Stellenbosch (US), was deel van die span internasionale wetenskaplikes wat van dié vis uit niestandhoudende moerasse in die Gongoni-woud aan die suidoostelike kus van Kenia gehaal het. Hierdie ekspedisies in 2017 en 2018 was deel van 'n “Off the beaten track" -navorsingsprojek wat deur die Volkswagen-stigting in Duitsland ondersteun is.

Die span het 'n hoofkomponent-analise uitgevoer, gebaseer op die fisiese kenmerke  van die visse, asook DNS-opeenvolging gedoen om te kan bevestig dat dit inderdaad 'n nuwe spesie is. 'n Filogenetiese analise – die mees omvattende vir hierdie genus tot op hede –  het getoon dat die N. sylvaticus-lyn ongeveer 7,09 miljoen jaar gelede van sy susterspesie afgesplyt het.  

Volgens Bellstedt dui hierdie bevinding daarop dat die Gongoni-woud self meer as 7,09 miljoen jaar oud is. Alhoewel hierdie antieke woud slegs ongeveer 8,2 vierkante kilometer beslaan, is dit 'n tipiese voorbeeld van die Oos-Afrika-mosa?ek  – 'n kombinasie van savanna met woudagtige dele tussenin, wat strek vanaf Pondoland in Suid-Afrika in die suide, tot by die suidelike kus van Somali? in die noorde.

Sedert 2015 het die span volgende-generasie DNS-volgordebepaling van visgroepe (soos Afrika se bekende sikliedevisse) gedoen, in kombinasie met ho?presisie rotsdatering van sleutellandvorme in Oos-Afrika. Hul doel was om die tektoniese ontwikkeling van Sentraal-Afrika oor die afgelope 20 miljoen jaar te rekonstrueer. Gedurende die afgelope vyf tot 30 miljoen jaar het hierdie streek groot tektoniese aktiwiteite en opbrekings ondergaan.

Vir die wetenskaplikes was die ontdekking van N. sylvaticus nóg 'n voorbeeld van die kongruensie tussen evolusionêre gebeurtenisse in die genus Nothobranchius, met paleo-dreineringsdinamika, wat gedryf is deur die tektoniese gebeurtenisse wat die Oos-Afrika Riviervalleistelsel gevorm het.

Gegewe die nuwe spesie se erg beperkte habitat in 'n antieke woud, staar dit egter ook 'n groot bewaringsrisiko in die gesig.

Die tipus eksemplaaris in bewaring by die Nasionale Museums van Kenia in Nairobi, en die vergelykende monsters by die Koninklike Museum vir Sentraal-Afrika in Tervuren, Belgi?.

Die artikel getiteld: “The description of a critically endangered new species of seasonal killifish, Nothobranchius sylvaticus (Cyprinodontiformes: Nothobranchiidae), a relict species from an East African forest refugium in south-eastern Kenya" is in Zootaxa gepubliseer. Die outeurs hiervan is: Prof. Dirk Bellstedt (US), Béla Nagy (Frankryk), Dr. P. de Wet van der Merwe (US), Dr. Fenton P.D. Cotterill (The Wilderness Project—Great Spine of Africa, Wild Bird Trust), Quentin Luke (Oos-Afrika Herbarium, Nasionale Museums van Kenia), en Dr. Brian R. Watters (Kanada).