Wat het jou laat besluit om ?n akademikus/dosent te word?
Onderrig is in my bloed. Aan my ma se kant van die familie het ons ?n lang geskiedenis van óf onderwysers óf predikers. Toe ek genoeg gehad het van die korporatiewe wêreld, kon ek myself niks anders sien doen as om weer te doseer nie.
Is daar ?n gedeelte van jou werk wat jy besonder baie geniet?
Om te kyk hoe ons studente ontwikkel, veral nagraadse studente, en hulle soos ?n entoesiastiese ondersteuner aan te moedig.
Watter raad sal jy aan EBW-studente en/of toekomstige beroepslui gee?
Moenie jou te veel bekommer oor die punte wat jy op universiteit behaal nie. Niemand gaan jou vra wat jou Ekonomie-punt in jou eerste jaar was nie. Probeer eerder om lewenslank weetgierig te wees! Deur weetgierigheid begin ons vrae vra en deur vrae te vra, ontdek ons geleenthede vir verandering.
Vertel ons iets van jouself wat nie werkverwant is nie.
Ek is mal oor padreise! My langste padreis was aan die einde van 2014, toe ek net minder as 7 000 km in ?n maand afgelê het (en met baie agterpaaie gery het).