?Dr. Sanjeev Rambharose is 'n senior lektor in die Departement Fisiologiese Wetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch (US) en een van die gekose deelnemers aan die Future Professors Programme (FPP) van 2024 tot 2025. Die FPP is 'n vlagskipprogram van die Departement van Ho?r Onderwys en Opleiding (DHOO). Hierdie twee jaar lange gestruktureerde en verrykende ontwikkelingsprogam berei jong, belowende akademici – wat aan die begin of in die middel van hul akademiese loopbaan staan – voor vir 'n professoraat.
Ons het Dr. Rambharose uitgevra oor sy ervaring van die program tot dusver:
Dit is 'n intensiewe program met opleiding in leierskap, individuele mentorskap, professionele afrigting, skryfwegbreke, en 'n internasionale reis van twee tot vier weke. Aan watter van hierdie aktiwiteite het jy reeds deelgeneem?
Die program is omvattend, en sorgvuldig ontwerp en bied 'n verskeidenheid raakpunte om akademiese uitnemendheid en leierskap te ondersteun. Tot op hede het ek aan verskeie van die kernkomponente deelgeneem.
- Leierskapsopleiding en -seminare: Dit het waardevolle perspektiewe gebied op akademiese leierskap in plaaslike, sowel as globale kontekste. Hierdie sessies, gelei deur senior akademici en denkleiers, het deelnemers uitgedaag om buite dissiplinêre silo's te dink en te besin oor wat dit beteken om vandag 'n leier in die akademie te wees.
- Individuele akademiese en navorsingsmentorskap: Ek het die voorreg gehad om 'n senior akademiese mentor, sowel as 'n navoringsmentor te hê. Hulle insigte het my benadering tot akademiese produktiwiteit, publikasiestrategie?, en leierskapsontwikkeling, daadwerklik verryk.
- Professionele afrigting: Vir my was dít een van die mees transformerende aspekte van die program. Die een-tot-een-afrigting het my sin van akademiese identiteit verskerp, veerkragtigheid in die aangesig van institusionele kompleksiteit ondersteun, en leiding gegee oor hoe om my loopbaan ten beste te bestuur: om doelgerig te werk, met impak.
- Skryfwegbreke: As gevolg van werkverwante verpligtinge kon ek nog nie ten volle gebruik maak van die skryfwegbreke nie. Kollegas in my kohort wat dit bygewoon het, praat egter met groot lof van die fokus en produktiwiteit wat hierdie ruimtes moontlik maak. Ek beplan om in die tweede helfte van die jaar aan minstens twee van hierdie wegbreke deel te neem en voordeel te trek uit hierdie noodsaaklike komponent van die program.
- Internasionale besoek: Ek het onlangs 'n verrykende akademiese besoek gebring aan die Universiteit van Illinois Urbana-Champaign (UIUC) as deel van die internasionale betrokkenheidskomponent. Hierdie ervaring het diepgaande betrokkendheid by toonaangewende internasionale akademici gefasiliteer, my navorsingsnetwerk is uitgebrei, en deure is oopgemaak vir potensi?le samewerkingsprojekte in beide navorsing en nagraadse studieleiding.
Wat beteken dit vir jou, op 'n persoonlike en professionale vlak, om deel te wees van so 'n verrykende program?
Om deel te wees van die FPP is 'n uitsonderlike eer en 'n diepgaande bevestiging van beide my werk, én my potensiaal. Op 'n persoonlik vlak was dit 'n ruimte van aanmoediging, refleksie en bemagtiging. Dit het my akademiese missie herbevestig terwyl dit geleenthede gebied het om my doelwitte te verfyn en na 'n volgende vlak te neem binne 'n gemeenskap van soortgelyk gemotiveerde eweknie?.
Op 'n professionele vlak bied die program toegang tot 'n kruisdissiplinêre netwerk van hoogs presterende akademici, wat intellektuele uitruiling bevorder en groei en uitbreiding tot gevolg het. Dit stel ons in staat om betrokke te raak by die strukturele, pedagogiese, en etiese dimensies van ho?r onderwys in Suid-Afrika en omstreke. Die DHOO se belegging deur middel van die Universiteits-kapasiteitsontwikkelingsprogram is 'n kragtige verklaring van nasionale voorneme om 'n kader van akademici te koester wat nie net uitstekende akademici is nie, maar ook transformerende leiers.
Vertel ons asseblief meer oor jou navorsing – dit blyk buitengewoon multidissiplinêr te wees?
Ja, my navorsing is inherent multidissiplinêr en gele? op die kruispunt van menslike fisiologie, farmaseutika, nanotegnologie, geneesmiddelaflewering, en biomediese ingenieurswese. Die hoofdoel is om gevorderde geneesmiddelafleweringsisteme te ontwerp en te optimaliseer wat nie slegs op wetenskaplike vlak robuust is nie, maar ook reageer op werklike gesondheidsuitdagings, veral in omgewings met min hulpbronne en in die globale Suide.
My werk oorspan innovasie, volhoubaarheid, gesondheidsgelykheid, en translasionele wetenskap, en vereis samewerking oor domeine soos materiaalwetenskap, kliniese geneeskunde, en openbare gesondheid. Hierdie integrerende benadering is van kardinale belang om die kompleksiteit van moderne biomediese uitdagings aan te pak – van die verbetering van terapeutiese doeltreffendheid tot beter pasi?nt-uitkomste.
My besoek aan die UIUC het verder bygedra tot die verdieping van hierdie multidissiplinêre etos. Ek het die geleentheid gehad om te skakel met navorsers in die Departement Molekulêre en Integrerende Fisiologie, die Holonyak Mikro- & Nanotegnologielaboratorium, navorsers van die Carle Illinois Kollege van Geneeskunde, en die Departement Biomediese en Translasionele Wetenskappe. Hierdie interaksies was intelektueel stimulerend en het opwindende moontlikhede vir samewerkende navorsing en nagraadse opleidingsinisiatiewe oopgemaak.
Is daar enigiets wat jy – as hedendaagse navorser aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit – wil byvoeg?
Ons werk in 'n ho?ronderwyslandskap wat tegelykertyd uitdagend is én onmeetbare potensiaal het. As Suid-Afrikaanse akademici word ons geroep om navorsing van wêreldgehalte te lewer, terwyl ons ook seker moet maak dat ons werk inklusief, transformerend, en geanker is in die realiteite van ons konteks.
Die FPP is 'n voorbeeld van hierdie tweeledige opdrag. Dit is méér as net 'n kapasiteitsbou-inisiatief; dit is visie vir 'n toekoms waarin Suid-Afrikaanse akademici op globale vlak lei en op plaaslike vlak dien. Dit bevorder die soort akademiese leierskap wat ons universiteite en ons land benodig om ons pad deur 'n vinnig veranderende wêreld te kan navigeer.
Op 'n tydstip waar globale ongelykhede steeds bepaal wie se kennis saakmaak en wie toegang tot geleenthede kry, is programme soos die FPP noodsaaklik. Dit help akademici van die globale Suide om met selfvertroue op die internasionale verhoog te staan terwyl hul steeds in diepe verbondenheid is met die gemeenskappe en instellings wat hulle dien.