Ter viering van Jeugmaand plaas die Jong Alumni-program (YAP) aan die Universiteit Stellenbosch (US) die kollig op ons ongelooflike jong alumni. Ontmoet van ons merkwaardige Maties onder 35 jaar, wat hul US-verworwe kennis en vaardighede gebruik om grense te verskuif en werklik ’n impak in verskeie velde te maak.
Nadat sy haarself vir 'n aantal jare onderskei het in die digitale bemarkings-, handelsmerkstrategie- en kulturele bestuursruimte, het Caroline Greyling nou die mantel van museumdirekteur by die Norval-stigting opgeneem. Hier gaan sy voort om uit te blink en die weg te baan vir vroue in die bedryf.
Caroline se reis het by die US begin waar sy 'n Baccalaureus in Taal en Kultuur (2014-2016) en 'n nagraadse diploma in Bemarking (2017) verwerf het.
“Daar was soveel dinge gedurende my tyd op Stellenbosch wat 'n blywende en positiewe indruk op my gemaak het, insluitend 'n aantal wonderlike dosente wat my uitgedaag en ondersteun het," sê sy. “Om by vrywilligerswerk betrokke te raak en kortkursusse by die Frederik van Zyl Slabbert-instituut sowel as bykomende taalkursusse te neem, het my persoonlike ontwikkeling en denke aansienlik be?nvloed. Die Universiteit se sterk fokus op kultuur het beslis ook gehelp om my liefde vir en belangstelling in die kunste te ontwikkel. Om aan twee verskillende departemente te studeer, het ook 'n bre?r belangstelling en begrip van die wêreld verseker en my aangemoedig om kreatief en anders te dink."
Sy voeg by: “Ek sal altyd my stappies in Victoriastraat in die skaduwee van die lieflike eikebome onthou, asook my tyd by Irene en die vriende wat ek daar gemaak het."
Nadat sy haar studies aan die US voltooi het, het Caroline 'n rukkie lank in Parys, Frankryk gewoon en gewerk en selfs deur Europa gereis. Ná haar teruggekeer na Suid-Afrika, het sy 'n pos by 'n bemarkingsagentskap aanvaar terwyl sy haar meestersgraad in handel aan die Universiteit van Kaapstad (2019-2020) voltooi het.
Daarna het sy voortgegaan om in verskillende rolle in bemarking by maatskappye soos Digital Cloud, Cordy's Africa en ESKORT te werk. In 2023 het sy by die Norval Foundation-span aangesluit om hul bemarkingsaktiwiteite te bestuur voordat sy vroeg in 2024 tot die pos van museumdirekteur bevorder is. As museumdirekteur is sy onder meer verantwoordelik vir kuratoriese programme en aktiwiteite, die opvoedkundige afdeling, vennootskappe en samewerkende inisiatiewe.
“Elke dag by die Norval-stigting is anders en interessant. Ek het die geleentheid om nie net met ongelooflike kunstenaars van regoor Afrika in gesprek te tree en hul werk te ervaar nie, maar ook om die ontwikkeling van kunsopvoeding deur ons leersentrum en ons opvoedkundige werk te ondersteun," sê sy.
Sedert sy by die Norval-stigting aangesluit het, was Caroline betrokke by inisiatiewe soos die Norval Sovereign African Art Prize en samewerkende uitstallings soos Disrupting the Dream by die Mount Nelson Hotel. Voor dit, as handelsmerkbestuurder by ESKORT, het sy die "Real Hot Dogs of Mzansi"-veldtog gelei, wat meer as 33 miljoen digitale indrukke verdien het en die handelsmerk se verbintenis met die Suid-Afrikaanse kultuur versterk het.
Caroline glo Jeugmaand bied aan jongmense die geleentheid om hulle te verbind tot 'n positiewe impak in hul gemeenskappe en industrie?.
“Suid-Afrika het 'n groot bevolking van jongmense met 'n wonderlike vermo? om goeie dinge vir ons land te doen. Ek sal graag wil sien dat my generasie in Suid-Afrika belê in 'n beter toekoms – deur aktiewe deelname aan onderwys en die ontwikkeling van ons land.
Ek glo dit is nie net die groot veranderinge en veranderingmakers wat 'n impak kan maak nie – elkeen van ons kan bydra tot die bou van 'n beter Suid-Afrika deur klein, daaglikse interaksies en keuses."
?Dié passievolle lewenslange leerder, wat sê sy streef daarna om “'n verskil in my gemeenskap deur my werk te maak", ontspan van haar harde werk deur 'n goeie boek te geniet en tyd in die buitelug deur te bring.
Foto: Candice Searle Photography