万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Kaapse Kamer van Koophandel en CHEC-innovasietoekennings vier Stellenbosch Innoveerders
Outeur: Petro Mostert
Gepubliseer: 13/06/2025

?Drie uitstaande lede van die Universiteit Stellenbosch (US)-gemeenskap is vereer by die gesogte Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid (CCCI) en Kaapse Ho?r Onderwyskonsortium (CHEC) se innovasietoekennings, wat op Dinsdag 10 Junie 2025 in die Kaapstadse Stadsaal gehou is.

Anita Nel, die US se Hoofdirekteur van Innovasie en Kommersialisering, Mike-Alec Kearney, uitvoerende hoof van die US-spinoutmaatskappy CubeSpace, en prof Johann Kirsten, direkteur van die Buro vir Ekonomiese Navorsing, is as toonaangewende innoveerders in die akademie-kategorie erken.

Viering van uitnemendheid

Nel het die toekenning ontvang vir haar uitsonderlike leierskap in die bestuur van die Universiteit se uitgebreide innovasie-ekosisteem. Sy hou toesig oor 'n portefeulje van 35 spinout-maatskappye, honderde patente, die US se tegnologie-oordragkantoor, die SU LaunchLab besigheidsinkubator en die Instelling se kommersialiseringskantoor, SUNCOM. Onder haar leiding het die Universiteit talle tegnologie? suksesvol gekommersialiseer en 'n suksesvolle platform gebou wat entrepreneurskap, innovasie en werklike impak bevorder.

Kearney en sy span van CubeSpace, wat spesialiseer in die bou van gevorderde beheerstelsels vir satelliete, is gevier as die suksesvolste afwentelmaatskappy onder die vier Wes-Kaapse universiteite. Die maatskappy bedien tans meer as 250 kli?nte in dertig lande wêreldwyd.

Prof Kirsten is erken vir sy leiding van die Karoo Lamb Consortium, 'n 20-jaar lange inisiatief wat gelei het tot die amptelike beskermde status van Karoo Lam as Suid-Afrika se eerste Geografiese Aanduiding. Die Konsortium funksioneer as 'n nie-winsgewende maatskappy en versinnebeeld die samekoms van innovasie, tradisie en streeksidentiteit in Suid-Afrikaanse landbou.

Die toekennings het innoveerders in verskeie sektore van die samelewing erken – akademie, besigheid en openbare ampte. Hulle het mans en vroue vereer wat steeds grense verskuif in die nastrewing van vooruitgang en die belangrikheid van innovasie beklemtoon om ekonomiese groei te dryf en armoede te verminder.

“Innovasie gaan net soveel oor houding as oor tegniese kundigheid," het John Lawson, uitvoerende hoof van die CCCI, gesê. “Dis 'n denkwyse wat op oplossings fokus. Hoe meer ons innoveer, hoe meer vorm ons aktief die toekoms wat ons wil sien."

Prof. Eugene Cloete, 'n raadslid van die Kamer en die uitvoerende hoof van CHEC, het gesê hierdie toekennings vier wat moontlik word wanneer die akademie, die regering en die privaatsektor saamkom. “Universiteite is die dryfvere van navorsing, kennis en vars denke. Die privaatsektor bring spoed, vaardigheid en moed om risiko's te neem, en die regering bied 'n platform vir beleid, belegging en ondersteuning om innovasie in impak te omskep. Hierdie jaar het ons 'n merkwaardige aantal ho?gehalte-innovasies in alle kategorie? ontvang, 'n belangrike aanduiding dat innovasie lewendig is en floreer in die Wes-Kaap."

Die geleentheid het die behoefte aan samewerking tussen die akademie, die private sektor en die regering beklemtoon – om innovasie te bevorder en 'n mededingende, inklusiewe ekonomie te skep.

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en Kaapstad se burgemeester, Gordon Hill-Lewis, het tydens die byeenkoms albei die belangrikheid van voortdurende innovasie, samewerking en erkenning in die bevordering van streeksontwikkeling en werkskepping beklemtoon. Hulle het die belangrikheid van die fasilitering van sterker verbindings en samewerking tussen universiteite, die akademie, besighede en die regering uitgelig om innovasie in die streek moontlik te maak en te ondersteun.?