?JEUGMAAND
Gedurende hierdie Jeugmaand vier ons studente wat positiewe verandering op die kampus, in hul gemeenskappe en verder bevorder. Deur hul leierskap, deernis en toewyding help hulle om ? beter toekoms vir Suid-Afrika te bou. Hierdie profiele laat die kollig val op die impak en energie van ? nuwe generasie studente aan die Universiteit Stellenbosch (US) wat verandering bewerkstellig.
Toe Revando van Wyk, ? derdejaar-onderwysstudent aan die US, onlangs voor ? ho?rskoolklas gestaan en leerders aangemoedig het om te glo in hul vermo? om te lei, het sy woorde nie uit vae idealisme gespruit nie. Net ? paar jaar gelede het hy ? pad geloop wat min jongmense in daardie vertrek hulle sou kon indink. Hy was as ? tiener in Malmesbury in die greep van dwelmmidels vasgevang en het aanskou hoe sy broer ? slagoffer van dieselfde bose kringloop word. Sy broer se dood het ? skrikwekkende wekroep geword.
“Ek het verlore en onwaardig gevoel," beskryf Van Wyk sy tienerjare. “Ek het meer as een keer selfdood probeer pleeg." Hy is grootgemaak deur ? enkelma wat onvermoeid gewerk het om vir hom en sy broer te sorg en het besef as hy nie van koers verander nie, hy haar sou breek. Eendag, terwyl hy na sy beeld in die spie?l gestaar het, het hy ? besluit geneem wat alles sou verander: “Dis nie die einde nie. Ek gaan nie meer ? navolger wees nie. Ek gaan lei," het hy homself belowe.
Daardie besluit – wat uit desperaatheid eerder as vertroue gespruit het – het meegebring dat Van Wyk ? pad van diepgaande transformasie ingeslaan het. Hy het van skool verander, leierskapsgeleenthede gevind en sy lewe stadigaan begin herbou. Hy is nou ? dinamiese, gerespekteerde studenteleier aan die US en gebruik sy storie om aan ander te wys dat genesing moontlik is en dat foute van die verlede nie hul toekoms moet bepaal nie.
'J? kan die impak wees'
Van Wyk is tans die Vise-voorsitter van die Opvoedkundestudentekomitee aan die US en help medestudente met akademiese uitdagings, asook om die universiteitslewe te navigeer. Dit is ? rol wat hy met diepe empatie en toewyding benader.
Buite die kampus werk hy saam met ho?rskole aan die Weskus en bied leierskapswerkssessies vir lede van verteenwoordigende leerderrade aan. Hy onderrig openbare redevoering, help leerders om oor praktiese kwessies te besin, en daag hulle bowenal uit om in hul eie mag te glo. “Jy het nie geld of mag nodig om ? impak te maak nie," sê hy vir hulle. “J? kan die impak wees."
Van Wyk help gr. 12-leerders ook met universiteitsaansoeke – iets wat hy eens op ? tyd heeltemal op eie houtjie moes aanpak. Hy onthou hoe oorweldigend, verwarrend en eensaam die proses gevoel het en probeer nou verseker dat ander nie dieselfde stryd hoef te trotseer nie.
Hy wil hê jongmense moet in die krag van hul eie stemme glo, sê Van Wyk. “Ek wil hê hulle moet besef dit maak nie saak waar jy vandaan kom of wat jy deurgemaak het nie, jy kán lei en jy kán uitstyg. My werk is om saadjies in jong gemoedere te plant en vir hulle te wys dat leierskap nie oor titels gaan nie, maar oor moed. Ek herinner hulle daaraan dat hulle nie hoef te wag vir iemand anders om hul gemeenskap te kom red nie."
Betekenis van waardigheid
Van Wyk se leierskap was nog nooit vertonerig nie. Hy staan op die kampus bekend as ? bedagsame en nederige rolmodel. Benewens sy mentorskap en sosiale impak-werk, het die US se Internasionale Kantoor verlede jaar aan hom ? lewensveranderende geleentheid gebied om na Itali? te reis. Dit was ? ervaring wat hy nooit sal vergeet nie, sê Van Wyk. “Ek het altyd gedink oorsese reise is net sekere mense beskore, maar daar was ek, in ? ander land, en het my storie met trots vertel!"
Tóg is een van sy trotsste prestasies baie meer persoonlik. Hy het die geld wat hy vir sy werk in die Internasionale Kantoor verdien het, gespaar om ? binnenshuise toilet vir sy gesin te laat installeer – ? noodsaaklike opgradering van die buitetoilet wat hulle jare lank gebruik het. “Dit klink dalk klein, maar vir ons was dit enorm. Dit het waardigheid beteken. Dit het verandering beteken."
Van Wyk is die eerste lid van sy familie op universiteit en dis ? mylpaal wat trots én druk meebring. Wanneer dinge moeilik raak, anker hy homself in daardie nalatenskap. “Ek sê vir myself: 'Onthou jou naam, Van Wyk.' Dis ? herinnering aan wie ek is, aan die familie wat ek verteenwoordig en aan die nalatenskap wat ek wil agterlaat."
Hy beskou sy ma, Lena van Wyk, as sy anker. “Selfs toe die lewe moeilik geword het en sy alle rede gehad het om op te gee, het sy nie. Haar krag dra my in alles wat ek doen. Ek is ook gese?nd met vriende wat my voortdurend herinner aan wie ek is en kampuspersoneel wat nooit moeg word om my vrae te beantwoord en my deur elke stadium van hierdie reis te lei nie. Sonder hulle sou ek nie hier gewees het nie."
Op die vraag watter raad hy aan ander studente sou gee wat ? positiewe impak wil maak, maar nie weet waar om te begin nie, huiwer Van Wyk nie met sy antwoord nie: “Moenie vir inspirasie wag nie. Wéés die inspirasie. Jy hoef nie al die antwoorde te hê nie. Begin net om die regte vrae te vra, dan sal iemand jou op die regte spoor plaas. En die belangrikste is om nie ? 'nee' as die einde van die pad te aanvaar nie. Laat dit jou vorm, maar nie keer nie. Jou stem maak saak. Jou storie maak saak. En êrens wag iemand vir jou om uit te styg sodat hulle kan glo dat hulle dit ook kan vermag."
FOTO: Stefan Els
GRAFIKA: Geola Bergman