万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
?Toyota Stellenbosch Woordfees ’25: ’n Sak- en smaak-pas-fees vir studente
Outeur: Candice Jantjies
Gepubliseer: 18/09/2025

Studente, dis amper lente in die Boland, en oor minder as twee maande is dit tyd vir die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees. Daar is byna 400 items op die program, van musiek en teater tot open mics nagte en meer. Maar moenie dat dit jou afskrik nie. Die Woordfeesspan het spesiaal ’n aantal shows uitgekies om die smaak en sak van studente van die Universiteit Stellenbosch (US) te pas. Met vanjaar se feestema word jy genooi om Deel te neem en Deel te wees van ’n betekenisvolle ervaring wat van 11 tot 19 Oktober die Eikestad ophelder.

Top-picks vir studente

Toyota Musiekfees

Opelugkonserte by die Jan Marais-natuurreservaat

The Daisy Jones Bar

Velddraf met woorde

Hardloop of stap met ’n unieke Afrikaanse woord as registrasienommer. 

‘Boklied’

Die ikoniese digter Breytenbach het vroe?r vanjaar afgesterf en sy eerste toneelstuk, Boklied, keer ná 30 jaar terug by die Woordfees. Marthinus Basson is weer die regisseur. | 11 – 19 OKT | Koop kaartjies

Saampraat kos niks

Studentediskoers | Daagliks om 17:15 in die US Konservatorium, aangebied deur die US | GRATIS
  • Hoe deel ons die kampus? | 14 OKT
  • Hoe deel ons in mekaar se lekkerkry en swaarkry? | 15 OKT
  • Hoe lyk die lewe ná jou graad? | 16 OKT

EasyEquities finansi?le gespreksreeks | GRATIS

  • The Art of Collecting | 14 OKT
  • Ek sou kon doen met ’n miljoen
    • Beleggings: Hoe word ek geld se baas? | 14 OKT
    • Kripto: ’n Piramideskema of die nuwe monetêre stelsel? | 15 OKT
    • Alternatiewe beleggings: Wat werk buite die boks? | 16 OKT
Science Café

Die Science Café is ’n GRATIS inisiatief van die US se fakulteit natuurwetenskappe wat openbare gesprekke oor wetenskaps-kwessies aanmoedig. 
  • Kwantumsatelliete: SA en China vat hande | 14 Okt. | Lees meer
  • Van die pil tot menopouse: ’n Koorddans tussen gesondheid en risiko | 15 Okt. | Lees meer
  • Waarom bestudeer ons ruimterotse? | 16 Okt. | Lees meer

Naggesprekke: Driftig in die donker | 13 tot 17 OKT | 21:00 tot laat | GRATIS

Sluit die feesdag af met ’n loopdop en stimulerende gesprek onder leiding van Kabous Meiring. Kom vroeg vir Open Mic en bly laat vir die Afterpaartie.

Meer gesprekke
Filosowe, woordsmede en wysgere span woorde in om mekaar om die bos te lei, spek te skiet of ekonomies met die waarheid om te gaan. Bestel iets te ete.
Met Peach van Pletzen, Jaco van der Merwe, Beer Adriaanse en Veronique Jephtas. 
Die bekroonde Ryan Pedro se tweede digbundel is ’n ervaring waarin toxic masculinity toutrek met intense vulnerability, waar porn stars, rap gods en karakters uit video games ’n huis deel met Jean-Michel Basquiat en Yukio Mishima. Jy word genooi na ’n saamtrek vir like-minded mense waar Ryan sy poems gaan lees en daar beats en bier sal wees. 

Afterpaartie 

Kom kuier elke aand om 22:00 by die Afterpaartie – bring jou instrument of maak ’n draai op die verhoog vir ’n laatnag-geleentheid met van Suid-Afrika se voorste blues-, rock- en jazzkunstenaars. | 13 tot 17 OKT | GRATIS

Verder paartie

’n Aand van passie: Skrywerspartytjie Die Woordfees het in 2000 afgeskop met ’n nag van passie – ’n viering van die Afrikaanse letterkunde en vier met hierdie geleentheid die groot bydrae van ons skrywersgemeenskap oor soveel jaar erken en die fokus plaas op die supersterre van die fees. Geniet ’n ontspanne kuier, ete en wyn saam met skrywers in die pragtige Die Boekklub in Johannesdal net buite Stellenbosch. | 17 Okt. | Koop kaartjies

Teater in my are 
Klassieke Stellies

Dit sal niemand verbaas dat die US Koor, almal se gunsteling, se vertonings blitsig uitverkoop het nie. Maar jy kan steeds jou mede-Maties ondersteun en toeskou in die Jazz at the Konserve-reeks:

Jazz at the Konserve | 16 tot 18 OKT | In samewerking met die US Department Musiek | Samestellers Ramon Alexander, Vicky Davis | Koop kaartjies en wees op die uitkyk vir STUDENTE-AFSLAG

Lede van die Maties Jazz Society skop dié konsertreeks af ter viering van die kontemporêre klanke van die Kaap en die ryk tradisie van Suid-Afrikaanse jazz. Bring jou instrument saam om na afloop van die konserte aan ’n jam-sessie saam met die kunstenaars deel te neem. Studente kry afslag. ’n Kroeg is beskikbaar. 

’n Fees vir die oog: Visuele kuns

US Museum-uitstallings: Stellenbosch-triennale: From the vault | 11-19 OKT | GRATIS | Lees meer

Leefstyl vir die lentelug
Vind die volle program vir die 2025 Toyota Stellenbosch Woordfees by woordfees.co.za. Kaartjies is by quicket.co.za te koop. Ons sien jou van 11 tot 19 Oktober vir nog ’n heerlike lentefees! ??