万博体育官网

图片
Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
SU-UIC verleen goedkeuring vir vrystelling van IEB se internasionale eksamenuitslae van Mei 2025
Outeur: Prof Sarah Howie, direkteur van die SU-UIC
Gepubliseer: 19/09/2025

?Hierdie sesde aflewering was 'n besonder suksesvolle eksamensessie vir die IEB-ISC."

~ Prof Sarah Howie, direkteur van die SU-UIC

Die Universiteit Stellenbosch (US) se Eenheid vir Internasionale Kwalifikasies (SU-UIC) bevestig graag dat die uitslae van die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) se Internasionale Sekondêre Sertifikaat- (ISC-) en Verdere Studie-eksamen goedgekeur is vir vrystelling. Die eksamens is tussen 5 en 27 Mei 2025 afgelê. Die SU-UIC het bevind dat die eksamensessies billik, geldig en betroubaar was, en vry van enige onre?lmatighede wat die integriteit of geloofwaardigheid van die eksamens in gedrang kon bring.

Die eksamen van Mei 2025 was die sesde keer dat die IEB-ISC, Afrika se eerste internasionale skoolverlatersertifikaateksamen, afgelê is. Die SU-UIC tree reeds sedert die aanvang van die IEB-ISC in 2022 as eksterne gehalteversekeraar van dié eksamen sowel as Verdere Studie-vakke op.

Die SU-UIC se gehalteversekeringsbeheerkomitee onder leiding van prof Samuel Tshehla, die US se waarnemende Viserektor: Strategie, Globale en Korporatiewe Sake, het op 26 Junie 2025 ná 'n uitgebreide en streng gehalteversekeringsproses bevestig dat die uitslae goedgekeur is vir vrystelling. Die eksterne gehalteversekeringsproses het onder meer bestaan uit die bevestiging van die IEB se interne gehalteversekeringsprosesse, eksterne moderering en goedkeuring van die eksamenvraestelle, 'n ondersoek na die gehalte en standaard van die eksamens, bevestiging van die gevolglike data, en standaardisering van die uitslae. In sy aankondiging het prof Tshehla gesê: “Die SU-UIC se gehalteversekeringsbeheerkomitee het goedkeuring verleen vir die vrystelling van die IEB-ISC- en Verdere Studie-eksamenuitslae. Ná oorweging van alle bewyse wat die Onafhanklike Eksamenraad voorgelê het, is die komitee oortuig daarvan dat geen onre?lmatighede uitgewys of aangemeld is wat die integriteit en geloofwaardigheid van die Mei-eksamens in gedrang kon bring nie. Die komitee kom dus tot die gevolgtrekking dat die eksamens geldig, betroubaar en geldig was. Ons wens die IEB geluk met 'n suksesvolle sesde ISC-eksamensessie."

In antwoord hierop het prof Crain Soudien, voorsitter van die IEB-raad, teruggekyk op hoeveel die ISC gegroei het, en gesê die kwalifikasie is “belangrik vir die onafhanklike (skool)gemeenskap en vir die verbetering van ons samelewing in die algemeen". Prof Sizwe Mabizela, voorsitter van die SU-UIC se standaardiseringsubkomitee, het klem gelê op die professionaliteit en integriteit van die proses, ondanks die omvang van die eksamens: “Ons wil die integriteit van elke laaste aspek van die proses verseker, en ons is daartoe verbind om saam te werk om te sorg dat die gehalte van die assesserings op die gepaste vlak is."

Internasionale Sekondêre Sertifikaat (ISC)

Die ISC, Afrika se eerste internasionale skoolverlaterkwalifikasie, wat deur die IEB ontwikkel is, is gelykstaande aan Suid-Afrika se Nasionale Senior Sertifikaat (NSS). Diegene wat dit suksesvol voltooi, kan tot Suid-Afrikaanse universiteite toegelaat word. Universiteite Suid-Afrika en UK Ecctis erken die ISC as vergelykbaar met die skoolverlaterkwalifikasies van Australi?, die Verenigde Koninkryk en Kenia.

Die ISC word in eSwatini, Namibi? en Mosambiek afgelê. Altesaam 79 leerders van dié drie lande het die eksamen in Mei 2025 by ses eksamensentrums geskryf. Alle kandidate was deeltydse of herhalingskandidate. Die ISC is in Mei 2023 van stapel gestuur om kandidate die geleentheid te bied om “meer buigsame leerroetes" te volg benewens die oorspronklike November-eksamen. 'n Totaal van 195 leerders het tot dusver die halfjaareksamen afgelê, wat die behoefte bevestig aan 'n Afrikagerigte internasionale kwalifikasie wat leerders 'n bekostigbare en buigsame alternatief bied.

Verdere Studie-vakke

'n Groep van 895 leerders het in Mei 2025 die IEB se Verdere Studie-eksamen afgelê, vergeleke met 699 in 2024. Die Verdere Studie-kursusse in Engels, Wiskunde en Fisika word as uitdagende verrykingskursusse beskou. Met hierdie opsionele eksamen kan leerders hulle akademiese kwalifikasies verbeter voordat hulle met tersiêre opleiding begin om sodoende hulle kans op plaaslike en internasionale toelating en suksesvolle studie te verhoog.

Vanjaar het 95% van die leerders die eksamen vir die eerste keer afgelê; die oorblywende 5% het spesifieke vakke herhaal om hulle punte te verbeter. Dit is veral indrukwekkend dat 5% van die kandidate graad 11-leerders was. Die IEB se Verdere Studie-kursusse is beskikbaar vir leerders wat die IEB ISC in eSwatini, Mosambiek en Namibi? óf die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) in Suid-Afrika in hetsy onafhanklike of openbare skole volg. In 'n vergelykingsoefening deur UK ENIC (Ecctis) is die kursusse op dieselfde vlak as die Verenigde Koninkryk se A-levels geplaas, wat die internasionale mededingendheid daarvan onderstreep.