???Bestuur van die US Strategiese Fonds

Die US Strategiese Fonds fokus op inisiatiewe wat direk belyn is met die visie, missie en kern strategiese temas van die Universiteit, soos vervat in
Visie 2040 en die Strategiese Raamwerk 2019–2024. Die toekenning van fondse geskied ten opsigte van die ses kern strategiese temas van die Universiteit en die gepaardgaande institusionele doelwitte.
Beide die Strategiese Fonds se sekretariaat en prosesbestuurder is in die Afdeling vir Institusionele Strategie, Navorsing en Analitika gesetel. Sodoende neem die afdeling verantwoordelikheid vir die bestuur, administrasie en voorsiening van ondersteuning aan belanghebbendes en aansoekers van die Fonds en ondersteun die Universiteit se bestuur in die belyning van strategiese befondsing met die Universiteit se strategiese doelwitte.
2025-geleentheid
Aansoeke moet elektronies via ’n aanlyn platform ingedien word. Volg asseblief die stappe hier onder.
Let daarop dat indiening twee stappe behels.
|
Aksies (Aansoeker) |
Relevante dokumentasie | Sperdatum |
?1. | ?Bestudeer die Strategiese Fondsregulasie om u vertroud te maak met die kriteria vir elke kategorie wat oop is vir aansoeke. | ? | |
?2. | ?Laai die templaat (Word-formaat) af wat van toepassing is op die kategorie wat in punt 1 hier bo gekies is, en voltooi dit. | ? | |
?
?3. |
Voltooi die aanlyn indieningsvorm en laai die voltooide templaat (Word-dokument) op
|
Klik op
hierdie skakel om toegang te verkry tot die elektroniese platform – Aksies (Aansoeker), stap 3. | 28 Julie 2025, 14:00 |
Administratiewe stappe (Strategiese Fondskantoor, graderingspaneel en Strategiese Fondskomitee)??
| Aksie |
Tydlyn? |
?1. | ?Dien aansoeke vir Kategorie A (Ronde 1) en aansoeke vir Kategorie C.1.1 (Finaal) in. | ?25 Julie 2025, 14:00 |
2. | ?Die graderingspaneel evalueer alle aansoeke. | ?Augustus 2025 |
?3. | ?Die Strategiese Fondskomitee vergader en besluit watter Kategorie A-aansoeke deurgaan na Ronde 2, en watter Kategorie C.1.1- aansoeke goedgekeur word. | ?September (moet bevestig word) |
?4. | ?Dien aansoeke vir Kategorie A (Ronde 2) in. | ?30 Oktober 2025, 14:00 |
?5. | Die graderingspaneel evalueer die aansoeke vir Kategorie A (Ronde 2).? | ?November 2025 |
?6. | Die Strategiese Fondskomitee vergader en besluit watter projekte in Kategorie A befonds gaan word. | ?Einde November 2025 (moet bevestig word) |
U is welkom om die
Strategiese Fondskantoor te kontak as u hulp met die aansoekproses nodig het.
Bestuur van die US Strategiese Fonds